CREST / WAPEN
WELKOM BY DIE WEB TUISTE VAN WOLMARANSSTAD !


Op hierdie tuisblad sal ons u bekend stel aan die mense, organisasies en instellings wat deel vorm van hierdie diamantryke dorp, geleë in die Noord Westelike Provinsie.


Wolmaransstad vorm die begin van die baie bekende en gewilde Diamand Roete. Dit is geleë 80km vanaf Klerksdorp en is ongeveer 3 ure se ry vanaf Johannesburg. Dit is hoofsaaklik 'n boerdery en delwers gemeenskap en vorm deel van die area waar die hoogste konsentrasie van grondverskuiwings masjinerie, in die wêreld, gevind kan word. 'n Jaarlikse Lenteskou askook die gewilde "Porrel Madrigras" gedurende die winter maande, word gehou. Temperature kan tot onder vriespunt daal gedurende die Winter met maksimums van tot veertig grade gedurende die Somer. Alhoewel dit 'n redelike droë area is, word baie beesboerderye hier gevind. Verskeie sandsteen geboue en huise kan in hierdie sprokies dorpie gevind word.

Teken asseblief die besoekersboek en meld enige voorstelle wat u mag hê. Sluit ook aan by ons e-pos lys vir aankondigings en spesiale geleenthede wat mag plaasvind.


Geniet u besoek!







KOPIEREG © 2001
D-MARK INFORMATION SYSTEMS ®™
ALLE REGTE VOORBEHOU
T. HAYWARD
SELFOON : (+27) 82 255 0629
E-POS : d-mark@mailbox.co.za